Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En Dawid het raad gehou met die owerstes oor duisend en oor honderd, met elke bevelhebber;
en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die HERE onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.
En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daar nie na gevra nie.
Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen, want die saak was reg in die oë van die hele volk.
En Dawid het die hele Israel versamel van die Sihor in Egipte af tot by die ingang na Hamat, om die ark van God uit Kirjat-Jeárim te gaan haal.
Daarna het Dawid met die hele Israel opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan Juda behoort, om daarvandaan op te bring die ark van God die HERE wat op die gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is.
En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer uit die huis van Abinádab, en Ussa en Agjo het die wa gedrywe.
En Dawid en die hele Israel het voor die aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.
Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het Ussa sy hand uitgesteek om die ark vas te hou, want die osse het gestruikel.
Daarop het die toorn van die HERE ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die aangesig van God gesterf het.
En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.
En Dawid het daardie dag vir God bevrees geword en gesê: Hoe kan ek die ark van God na my toe bring?
Daarom het Dawid die ark nie by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom, die Gittiet.
En die ark van God het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en die HERE het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het.