Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE -- sodat die woord van die HERE uit die mond van Jerem¡a vervul sou word -- die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef -- hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.
Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete -- elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.
En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat Nebukadn,sar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.
En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van M¡tredat, die skatmeester; en die het dit aan S,sbassar, die vors van Juda, voorgetel.
En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, nege en twintig messe;
dertig goue bekers; verder vier honderd en tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.
Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyf duisend vier honderd; dit alles het S,sbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.