Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?
Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak --
en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
Maar, ag, as God maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet?
Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep -- wie sal Hom dan teëhou?
Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.
As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
-- as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie --
ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker -- dit sal wees soos die môre!
En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond -- jy sal in veiligheid gaan slaap.
Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem.