Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
Maar,k sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
Ag, as julle maar heeltemal sou swyg -- dan sou dit vir julle wysheid wees!
Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
Laat my met rus; dan wil,k spreek; laat dan oor my kom wat wil.
Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
Kyk, al wil Hy my ombring -- ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat,k reg sal hê.
Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
Klaag dan maar aan, en,k sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
en d¡t iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.