Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.
En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine -- nie een nie!
As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus -- totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof --
van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.
Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en -- waar is hy?
Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog --
so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;
die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens -- U maak dit tot niet.
U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.