Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Maar Job het geantwoord en gesê:
Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou -- watter verligting bring dit my?
Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
En U het my gegryp -- 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.
God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.
Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;
alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.
My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God --
dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.
Want maar min jare kom -- dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.