Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.
Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.
Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?
Want U het hulle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.
Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel -- die oë van sy kinders sal versmag.
Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.
Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.
Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.
Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie.
My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.
Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.
As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,
die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,
waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?
Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.