Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn -- sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?
Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.
'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.
'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.
Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.