Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Maar Job het geantwoord en gesê:
Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie --
voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?