Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het --
want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus --
my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!
Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.
Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.
My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.
Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny -- as God sy siel wegneem?
Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?
Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?
Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.
Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?
D¡t is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:
as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder --
hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.
Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en -- is nie meer nie.
Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.
Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.