Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Verder het El¡hu aangehef en gesê:
Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,
dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
Âk sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.
Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?
As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.
Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.
Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,
wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?
Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.
Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,
maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.