Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Toe antwoord Âlifas, die Temaniet, en sê:
As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit?
Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
Maar nou dat dit jou oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jou tref, is jy verslae!
Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, die maai dit.
Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller -- ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie -- 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.