Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Job — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?
Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,
so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe.
My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie!
Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
So wil dan ook,k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?
As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.
Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?
En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?
Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?
En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.