Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ps — Select Chapter
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.
o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!
Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.
Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.
Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.
Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;
omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.
Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie -- u jare is van geslag tot geslag!
In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
Hulle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.
Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. [ (Psalms 102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan. ]