Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ps — Select Chapter
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseënvir ewig.
Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
U pyle is skerp volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer.
En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. [ (Psalms 45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd. ]