Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ps — Select Chapter
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.
o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!
Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
Saans en smôre ns en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. [ (Psalms 55:24) Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar,k vertrou op U. ]