Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ps — Select Chapter
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." 'n Psalm van Dawid.
Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.
Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.
Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder.
Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.
Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.
Die wat in die poort sit, praat van my -- ook die spotlied van die wat sterk drank drink.
Maar ek -- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.
Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!
Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.
En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.
U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.
Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik.
Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.
Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.
Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.
Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.
Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.
Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging;
en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit. [ (Psalms 69:37) En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon. ]