Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help! Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! [ (Psalms 70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! ]