Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ps — Select Chapter
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad.
Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.
As ek gesê het: Ek wil ook so spreek -- dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
toe was,k dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U.
Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
Al beswyk my vlees en my hart -- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.