Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Exod — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:
Ruben, S¡meon, Levi en Juda;
Issaskar, S,bulon en Benjamin;
Dan en N ftali, Gad en Aser.
En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte.
En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.
Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie.
Di, het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien
en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye -- al die werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue -- die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua -- gespreek
en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe.
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk -- voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.