Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Prov — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.
Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.