Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Prov — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.
Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
Die hart van die regverdige dink nom te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.