Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Prov — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.
Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.
Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle!
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!
Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.
Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.
'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.
Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.
Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.
Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.
Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.
Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.
Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.
Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.
Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.
'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.
Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.