Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Prov — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind
***
en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar;
dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid -- elke goeie pad.
Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
***
want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie
sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.