Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Prov — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
Maar hy weet nie dat dr skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.