Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande.
U nawel is 'n ronde kom -- laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies.
U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok.
U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die L¡banon wat na Damaskus toe uitkyk.
U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper -- 'n koning gevang in haarlokke!
Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!
U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.
Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos die van appels,
en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.
Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my.
Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag.
Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.
Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.