Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Isa — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
In die tyd het Merodag B ladan, die seun van B ladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hisk¡a gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.
En Hisk¡a was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hisk¡a hulle nie laat sien het nie.
Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.
En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hisk¡a antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
Toe sê Jesaja vir Hisk¡a: Hoor die woord van die HERE van die leërskare:
Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
Toe sê Hisk¡a vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!