Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Jer — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Sedek¡a, die koning, Pashur, die seun van Malk¡a, en Sef nja, die seun van Maäs,ja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:
Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadr,sar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.
Toe het Jeremia vir hulle gesê: So moet julle vir Sedek¡a sê:
So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.
En Ek self sal teen julle oorlog voer met 'n uitgestrekte hand en 'n sterke arm, ja, in toorn en in grimmigheid en in groot gramskap.
En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee -- aan 'n groot pes sal hulle sterwe.
En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedek¡a, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk -- die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood -- oorgee in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie.
En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor,n die weg van die dood:
hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom 'n buit wees.
Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.
En aan die huis van die koning van Juda moet jy sê: Hoor die woord van die HERE,
o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?
En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.