Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ezek — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout -- die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?
Word daar hout van geneem om vir 'n stuk werk te gebruik? Of neem 'n mens daar 'n pen van om allerhande goed aan op te hang?
Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir 'n stuk werk?
Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.
Daarom, so sê die Here HERE: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my aangesig teen hulle rig
en die land 'n wildernis maak, omdat hulle troubreuk begaan het, spreek die Here HERE.