Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Ezek — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.
En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.
Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.
En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE!
Maar of hulle nou al luister of nie -- want hulle is 'n wederstrewige huis -- hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.
En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.
Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol!
En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.