Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Hoor hierdie woord wat die HERE oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:
Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; drom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.
Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?
Sal 'n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal 'n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?
Sal 'n voël in 'n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal 'n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?
Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar 'n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?
Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?
Roep dit uit oor die paleise van Asdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge van Samar¡a, en aanskou die groot beroering in die midde van die stad en die verdrukking daarbinne.
Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die HERE -- hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.
Daarom, so sê die Here HERE: 'n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.
So sê die HERE: Soos 'n herder 'n paar pote of 'n oorlappie red uit die bek van 'n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samar¡a in die hoek van 'n bed of op die dam s van 'n rusbank sit.
Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die Here HERE, die God van die leërskare,
dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oor die altare van Bet-el, sodat die horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.
Dan sal Ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek die HERE.