Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En jy, Betlehem Âfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat 'n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.
En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.
En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.
Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.
En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos 'n leeu onder die diere van die woud, soos 'n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.
Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.
En in die dag, spreek die HERE, sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.
Ook sal Ek uitroei die stede van jou land en al jou vestings afbreek.
Verder sal Ek uitroei die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê nie.
En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.
En Ek sal uit jou midde uitruk jou heilige boomstamme en jou stede verwoes.
En Ek sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.