Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En ek het weer my oë opgeslaan en gekyk -- daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.
Voor die eerste wa was bruin perde, en voor die tweede wa swart perde,
en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.
Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.
Di, met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide.
En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trek om die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis.
Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde.
En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
Neem aan van die ballinge, uit die hand van Heldai, Tob¡a en Jed ja -- kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Jos¡a, die seun van Sef nja, waar hulle uit Babel aangekom het --
neem dan aan silwer en goud, en maak 'n kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester,
en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou.
Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.
En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tob¡a en Jed ja, en aan die vriendelikheid van die seun van Sef nja in die tempel van die HERE.
En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God.