Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Num — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En Moses het met die stamhoofde van die kinders van Israel gespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
Maar as 'n vrou aan die HERE 'n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.
Maar as sy trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het,
en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die HERE sal haar dit vergewe.
Maar die gelofte van 'n weduwee of van 'n vrou wat verstoot is -- alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees.
En as sy in die huis van haar man 'n gelofte doen of haarself met 'n eed verbind om haar te onthou,
en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die HERE sal haar dit vergewe.
Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig -- haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak.
Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het.
Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid.
Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen 'n man en sy vrou, tussen 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.