Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Gal sië gereël het.
Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedonië gereis het, want ek gaan deur Macedonië.
En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
Maar ek sal in Âfese bly tot pinkster toe.
Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
En as TimotheÂs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
Laat alles by julle in liefde geskied.
En ek versoek julle, broeders -- julle weet dat die huisgesin van St,fanas die eersteling van Ach je is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het --
dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.
En ek verbly my oor die aankoms van St,fanas en Fortun tus en Ach ‹cus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.
Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.
Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Prisc¡lla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.
Die groete van Paulus, met my eie hand.
As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maran ta!
Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.