Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Want wat die diensbetoning aan die heiliges betref, is dit vir my oorbodig om aan julle te skrywe.
Want ek ken julle bereidwilligheid waarop ek oor julle by die Macedoniërs roem, dat Ach je 'n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.
Maar ek het die broeders gestuur, sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie verydel mag word nie, dat, soos ek gesê het, julle gereed kan wees,
sodat nie miskien, as daar Macedoniërs saam met my kom en julle nie gereed vind nie, ons, om nie te sê julle nie, beskaam word in hierdie vertroue van ons roem nie.
Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as 'n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.
Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.
En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,
sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God,
omdat hulle deur die bewys van hierdie diens God verheerlik oor die onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal,
terwyl hulle ook in die gebed vir julle na julle verlang vanweë die uitnemende genade van God aan julle.
Maar God sy dank vir sy onuitspreeklike gawe.