Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Deut — Select Chapter
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die gebooie wat ek julle vandag beveel.
En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.
En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.
As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.
En jy moet daar vir die HERE jou God 'n altaar bou, 'n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.
Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God.
Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God.
En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.
Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.
Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.
En Moses het aan die volk op die dag bevel gegee en gesê:
Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Ger¡sim as julle deur die Jordaan getrek het: S¡meon en Levi en Juda en Issaskar en Josef en Benjamin.
En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en S,bulon, Dan en N ftali.
En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:
Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.
Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om 'n persoon -- onskuldige bloed -- dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.
Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.