Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,
aan TimotheÂs, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
Ek dank God, wat ek van my voorouers af in 'n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word,
en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Lo‹s en in jou moeder Eun¡ce, en wat -- daarvan is ek oortuig -- ook in jou is.
Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.
Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God
wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,
maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,
waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.
Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot die dag toe.
Hou as voorbeeld van gesonde woorde die wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het, onder wie Fig,llus en Hermogenes is.
Mag die Here aan die huis van Ones¡forus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;
maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.
Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in die dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Âfese bewys het.