Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring
as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.
En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.
So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
Soos Hy ook op 'n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek.
Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs --
Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
en is deur God genoem 'n hoëpriester volgens die orde van Melgis,dek;
waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.
Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.
Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.