Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En nAbim,leg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
En hy het Israel drie en twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
En nhom het Ja‹r, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.
En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; die word tot vandag toe die Ja‹rsdorpe genoem wat in die land G¡lead lê.
En Ja‹r het gesterwe en is in Kamon begrawe.
En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in G¡lead was.
Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.
Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
Maar die HERE het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne --
en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het -- julle uit hulle hand verlos nie?
Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat die julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.
En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in G¡lead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.
Toe sê die manskappe, die vorste van G¡lead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van G¡lead.