Select Book
Old Testament (39)
Gen
Exod
Lev
Num
Deut
Josh
Judg
Ruth
1Sam
2Sam
1Kgs
2Kgs
1Chr
2Chr
Ezra
Neh
Esth
Job
Ps
Prov
Eccl
Song
Isa
Jer
Lam
Ezek
Dan
Hos
Joel
Amos
Obad
Jonah
Mic
Nah
Hab
Zeph
Hag
Zech
Mal
New Testament (27)
Search in AAA1953
Reading Settings
Size
20
Height
1.8
Font
En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.
Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.
En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
Daarop versamel Jefta al die manne van G¡lead om teen Efraim te veg; en die manne van G¡lead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
En G¡lead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -- dan vra die manne van G¡lead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee,
dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in die tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.
En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van G¡lead.
En nhom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.
En nhom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land S,bulon.
En nhom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.
En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in P¡reaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.