---
type: BookChapter
work_id: '832'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1272
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1272.md
language: za
position: 29
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/2527
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/2527.md
markdown_source: converted
updated_at: '2019-07-29T09:52:52Z'
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/2527.md
---

# Die Antichris

## Die Dier met die Twee Horings

In Openbaring 13 word berig van 'n tweede dier. Johannes skryf daaroor: "En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak" (v.11). Hierdie dier is nie uit die see van mense nie, maar vanuit die aarde, dit wil sê, dit is nie uit die state van die Romeinse Ryk nie, soos ons sal sien, maar vanuit die Noord-Amerikaanse vasteland – destyds was daar nog geen mense massas nie.

Uiterlik lyk hierdie tweede dier soos 'n lam, maar dit praat soos 'n draak en vergestalt die tweede mag, die Verenigde State van Amerika (VSA), wie in die eind-fase, newens ‘Verenigde Europa’ verskyn. Die dier het twee horings gehad, wat die politieke magsgebied van hierdie wêreld – die Verenigde Nasies (VN) – en die godsdienstige magsgebied verteenwoordig – die Wêreldraad van Kerke (WRK).

Die VSA, wat gebou is op die beginsels van protestantisme het 'n groot mag geword. Eerstens het baie mense vanaf Europa daarheen gevlug om die vervolging van die Rooms-Katolieke Kerk te ontsnap. Dit was eers later dat die algemene immigrasie daarheen begin het. Mense wat daardie dodelike greep wou ontsnap, het gevlug na die nuwe kontinent. Die stigterslede van die VSA was gelowige, godvresende manne wie hierdie slagspreek aan die nasie gegee het: "One Nation Under God" (Een nasie onder God) en "In God We Trust" (In God vertrou ons).

Aan die einde van vers 11 staan daar dat die dier met die twee horings praat soos die draak, dit wil sê, die taal van Rome. Die volgende vers stel dit duidelik dat hierdie groot mag ook buig voor die Romeinse wêreldmag en in haar diens gestel word: "En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is" (Openb. 13:12).

Van die tweede dier het ons gelees dat hy die hele wêreld daartoe bring om die eerste dier te huldig, dit wil sê om sowel die geestelike as die aardse mag van die eerste dier te erken. Deur die opname van volle diplomatieke betrekkinge tussen die VSA en die Vatikaan op 10 Januarie 1984, was sy invloed verseker en so kon sy politieke en godsdienstige kanale nou gebruik word. Die huidige verwikkelinge is duidelike bewys dat in die nabye toekoms, protestantse leiers ook openlik die primaatskap van die pous sal aanvaar.

Vers 13 is baie insiggewend: "Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense". Die ondenkbare tegniese vooruitgang wat plaasgevind het na die Tweede Wêreldoorlog grens aan 'n wonderwerk. Die stortvloed van vuur op Duitsland aan die einde van daardie oorlog en in die Verre Ooste op Japan, is slegs 'n klein voorsmakie van wat wag in die nabye toekoms.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2526.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1272.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2528.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2527.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2527)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2527.md)
