---
type: BookChapter
work_id: '890'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1140
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1140.md
language: za
position: 98
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/2769
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/2769.md
markdown_source: converted
updated_at: '2019-08-26T23:54:39Z'
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/2769.md
---

# God en sy plan met die mensdom

## Een God – Verskeie Benaminge

In die Ou Testament kry ons eerste die Hebreeuse woord *Elohim,*wat vertaal is in ons Bybel as "God". *Elohim*sluit al die verskillende eienskappe in, waarin God geopenbaar word: as Skepper, Onderhouer, Verlosser, ens. *El, Ela*of *Elohim*is benaminge vir "God". In Génesis 14:18 openbaar God Homself as *El Elyon*, wat beteken "die Allerhoogste God." Aan Abraham het die HERE God Homself voorgestel as *El Shaddai*(Gén. 17:1), waardeur God beskryf word as die “Versorger”, die “Sterke”, die “Alom-genoegsame”. In die Boek van Job alleen verskyn dit een-en-dertig maal. In Génesis 21:33 vind ons in Hebreeus *El Olam*, dws, "Ewige God" en in Jesaja 9:5 *El Gibbor,*"Sterke God". 

Die laaste benaming is van buitengewone belang, want dit is deel van die belofte van die Verlosser en 'n definieerbare, onweerlegbare bewys wat Sy godheid bepaal: *“Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors”.*Soos ons sal sien, is die ooreenstemmende getuienis van God en dié van Sy profete, dat Hy Homself kom as Immanuel, wat beteken: *"God met ons"*(Jes. 7:14; Matt. 1:22-23). 

Samehangend met *Elohim*word ook die benaming *Jahweh*gebruik (in Hebreeus: YHWH). *Jahweh*beteken die “Ewige Wese", die "Selfbestaande" en is opgeneem in ons Bybels as “die HERE". 

In Génesis 1 vind ons net die benaming *Elohim*. Daar word dit berig dat God die mens geskape het na Sy beeld, in ‘n gees-liggaam. In Génesis 2:4, kry ons vir die eerste keer die begrip "die HERE God". Dié benoeming staan in verband met die aardse, toe die mens in die vleeslike liggaam geskape was. 

Maar eers in die tyd van Moses, toe God eintlik ‘n Verlosser word, het Hy daardeur die betekenis van daardie eienskap geopenbaar: “*Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam*God die HERE *(*Hebr.: *‘Elohim-Jahweh’) het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie”*(Exo. 6:1-2). Die profeet Moses het geweet dat *Jahweh*die sigbare vorm van *Elohim*bekend gemaak het; toe hy die Torah (die eerste vyf boeke van die Bybel) skrywe, moes hy die regte benaming kies. Die volk Israel was gered (Exo. 3:12), volgens die belofte wat God aan Abraham gemaak het (Gén. 15:13-16). Vandaar die naam *Yahweh*; dit staan in verband met die bevryding van Israel. *Yahweh*is die Verbondsnaam van die HERE God in die Ou Testament. In hierdie naam sou Israel geseënd wees (Núm. 6:22-27).


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2768.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1140.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2770.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2769.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2769)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/2769.md)
