---
type: BookChapter
work_id: '37'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1517
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1517.md
language: za
position: 54
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/3615
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/3615.md
markdown_source: converted
updated_at: '2019-09-24T19:39:49Z'
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/3615.md
---

# Die Uitdaging van die Christelike Teologie

## DIE ROTS

Die HERE het Sy dissipels die vraag gevra: *"Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?".*Die antwoorde van die mense was verskillend. Deur 'n goddelike openbaring het die apostel Petrus inderdaad die korrekte antwoord gegee: *"U is die Christus, die Seun van die lewende God".***Dit gaan oor hierdie openbaring, nie jou interpretasie daarvan nie!***"Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon, seun van Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou****geopenbaar****nie, maar my Vader wat in die hemele is.*(Luk. 10:22). *En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en****op hierdie rots***(= Petra, 'n massiewe rots) *sal Ek My gemeente bou …"*(Matt. 16:17-18). Op **hierdie rots**. Die HERE het nie gesê: "*… en op jou, Petros*(= 'n steen) *sal Ek my gemeente bou"*nie. Dit is die ware **rots-openbaring**wat Petrus gegee was, **naamlik dat Jesus Christus die Rots is**. Hoe kon die HERE Sy Gemeente bou op 'n man aan wie hy vier verse later moes sê: *"Wyk agter my, Satan!".*

Die HERE self is die Rots, in die Ou en die Nuwe Testament, en niemand anders nie. So sê die HERE: *"… is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen****rotssteen****nie; Ek ken geeneen nie"*(Jes. 44:8b) Petrus getuig dat **Christus**die Rots is: *"Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n steen van aanstoot en 'n****rots****van struikeling – vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die Woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is"*(1Pet. 2:6-8), Paulus beskryf Christus as die **geestelike rots**wat Moses geslaan het en wat Israel vergesel het (1Kor. 10:4).

Christus self is dus die **rots**, die **hoeksteen**, waarop die nuwe-testamentiese Gemeente gebou is, en niemand anders nie.

Petrus, die vroeë Gemeente en al die wedergebore kinders van God in die tyd van genade is lewende stene in hierdie goddelike gebou (1Pet. 2:1-10, o.a.). Dieselfde gesag wat bind en ontbind, wat die HERE aan Petrus gegee het, het Hy aan die hele Gemeente oorgedra. Wat hy in Matthéüs 16 geformuleer het in die enkelvoud: *"… Ek sal****jou****die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat****jy****ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat****jy****ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees",*het Hy net 'n bietjie later op die **Gemeente**toegepas. Deshalwe staan dit in Matthéüs 18 vers 18 in die **meervoud**: *"Voorwaar Ek sê vir****julle****, alles wat****julle****op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat****julle****op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees".*

Die woorde wat die HERE aan Petrus uit Matthéüs 16 gerig het, was algemeen toegepas deur al die verkondigers van God se Woord, totdat Pous Leo I (440-461) ongemagtigd beweer het dat hy die »opvolger van Petrus« is en, op grond van daardie teks, aangedring het op die primaatskap as Romeinse biskop en dit op homself persoonlik toegepas. Nie een van die vaders van die Kerk het daarop aanspraak gemaak in die eerste eeue nie, selfs nie eens Athanasius en Augustinus nie.

Die Bybel, wat tot in detail berig lewer oor al die reise van Petrus en Paulus, maak geen melding dat Petrus ooit in Rome was nie. Eers toe Leo I na hom begin verwys het, het Petrus ‘n »geskiedkundige legende« geword. Paulus het briewe aan die gemeente in Rome geadresseer; in sy laaste een groet hy 27 mense by naam. Hy het ook vanaf Rome die meeste van die briewe aan gemeentes en individue gerig maar het Petrus in al die jare nie eens eenmaal genoem nie. Petrus op sy beurt het ook nie 'n enkele brief **aan**die gemeente in Rome geskryf nie, ook nie **daarvandaan**nie. Ook hierdie punt is 'n gerieflike kerklike uitvindsel. Die Bybel weet niks van 'n »Stoel van Petrus«, of van 'n »Plaasvervanger van Christus« nie. Dit is alles selfgemaakte tradisies wat geen skriftuurlike grondslag het nie.

Veral sedert die ontstaan van die staatskerk in die 4de/5de eeu nC, is leringe en praktyke ingestel, wat voortgespruit het uit die intellek en valse inspirasies. Dit sluit in die »biegstoel« en alle verwante kerklike praktyke, ingesluit die »kwytskelding van sondes«. Die onderliggende woorde van onse HERE: *"****As julle****die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe;****as julle****die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou"*(Joh. 20:23), het met die algemene vergifnis wat elke persoon deur die geloof in Jesus Christus van God ontvang, niks te doen. Slegs indien iemand sondig teen 'n ander, bv. teenoor 'n persoon wat belas is met die verkondiging van die Evangelie, kan so iemand hom vergewe. Sou die betrokke persoon egter teen die Heilige Gees sondig, wat deur 'n dienskneg van God werk, dit kan nie vergewe word nie. Jesus, onse HERE, sê: *"Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar****wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel****"*(Mark. 3:28-29). Sulke sonde kan 'n dienskneg van God nie vergewe nie. Wie sondig teen die Gees van God het hom van godslastering skuldig gemaak, wat nie 'n tydelike nie, maar 'n ewige sonde genoem word. Dit moet niemand oortree nie: God laat Hom nie bespot nie.

Terloops, so ook alle getuienisse van die Heilige Skrif, asook die Sendingsopdrag, ongeag van wie ookal aangespreek word, wie **almal**deur die HERE in ewigheid opdrag gegee word.

Wie Matthéüs 16 verder lees, sal oplet dat die HERE vir Petrus selfs kort na sy bekentenis bestraf deur te sê: *"Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense"*(v.23).

In die oomblik toe die apostel onder goddelike inspirasie spreek, het die HERE hom geloof. Toe hy later menslik aangevoer praat, het hy 'n verstrikking geword en was hy tereg gewys. God het dit toegelaat, sodat niemand uit hom iets spesiaals van God kon maak nie. Almal wat uit menslike ervaring en nie uit 'n goddelike openbaring argumenteer nie, word beskou in die oordeel van die

HERE se tweede verklaring. Daar was nog altyd diegene wat die HERE korrek verstaan het. Die ander misverstaan dit en pas dit verkeerdelik toe. Hy **openbaar**Homself aan diegene wat Hom belewe. Hulle herken Hom en het gemeenskap met Hom. Aan almal wat slegs van Hom hoor en van Hom praat, bly Hy verborge, vreemd en ver.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3614.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1517.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3616.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3615.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3615)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3615.md)
