---
type: BookChapter
work_id: '37'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1517
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1517.md
language: za
position: 64
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/3625
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/3625.md
markdown_source: converted
updated_at: '2019-09-24T19:44:31Z'
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/3625.md
---

# Die Uitdaging van die Christelike Teologie

## IN DIE SEUN HET ONS SEUNS EN DOGTERS VAN GOD GEWORD

*In die Seun het God, wat die Vader geword het met die verwekking en geboorte van die Seun, al Sy seuns en dogters ontvang en aanvaar. Dit is die doel van Sy hele plan van verlossing; dit is wat Hy wou hê. Die geskape seun – Adam – was****ongehoorsaam****en het dus 'n kind van die dood geword. So is al die afstammelinge van Adam kinders van die dood. Almal weet dit: Niks in die lewe is so seker soos die dood nie! Daarinteen was die verwekte Seun – die tweede Adam –****gehoorsaam****tot die dood toe aan die kruis. So Hy het verlossing volbring en as bemiddelaar die versoening bewerk tussen God en die mense. Hy het die dood gely om dit te oorwin. Deur Sy opstanding het Hy geseëvier oor die dood, die hel en die duiwel.*

Daar is geskrywe: *"En in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! — daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God"*(Rom. 9:26; Hos. 1:10).

Die openbaring in die Seun het die grootste sin en doel gehad, naamlik, dat ons in Hom seuns en dogters van God geword het. Vanaf die Verlosser in die enkelvoud: *"EK sal vir hom****‘n Vader****wees, en hy sal vir My 'n seun wees"*(2Sam. 7:14; Heb. 1:5), is dit oorgedra aan die verlostes: *"EK sal****vir julle****‘n****vader****wees, en****julle****sal vir My****seuns****en****dogters****wees, spreek die HERE, die Almagtige"*(2Kor. 6:18). Deur dieselfde Gees wat die Seun verwek het, is onse nuwe lewe uit God verwek, waardeur ons dan die wedergeboorte ervaar (1Joh. 5:4). Die Seun van God is die **eersgeborene**onder baie broeders; in Hom is diegene wat as Sy eie in die "Vader-kind" verhouding gebring word. *"… Maar gaan na my broers en sê vir hulle: EK vaar op na****my Vader en julle Vader, en my God en julle God****"*(Joh. 20:17).

In die Seun het God ons aanvaar, soos daar geskrywe staan: *"Want dit het hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy****baie kinders na die heerlikheid wou bring****, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. Want****Hy wat heilig maak****, sowel as****hulle wat geheilig word****, is almal****uit Een****; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie"*(Heb. 2:10-12).

*"… deurdat Hy ons voorbeskik het om ons****as sy kinders****vir Homself aan te neem****deur Jesus Christus****, na die welbehae van sy wil"*(Efe. 1:5).

*"Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordeneer om****gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun****, sodat Hy****die eersgeborene****kan wees****onder baie broeders****"*(Rom. 8:29 en andere).


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3624.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1517.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3626.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3625.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3625)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/3625.md)
