---
type: BookChapter
work_id: '1006'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1079
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1079.md
language: za
position: 84
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/4428
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/4428.md
markdown_source: converted
updated_at: '2020-07-19T16:09:05Z'
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/4428.md
---

# DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

## Ware Geloof

**"*Hy wat God nie glo nie het hom tot leuenaar gemaak*"** (1Joh. 5:10).

**"*Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: sodat u geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou*"** (Rom. 3:4).

Van Abraham sê dit: **"*Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken*"** (Rom. 4:3; Gal. 3:6). Abraham is die beste voor-beeld van ware geloof: Ware geloof is slegs moontlik indien God, deur Sy Woord, persoonlik met elkeen kan praat. Ongeloof ontstaan ​​wanneer jy die vyand toelaat om wat God sê in Sy Woord, te bevraagteken. Beide geloof sowel as ongeloof het reeds al in die paradys begin. Nadat die Here God met Adam gepraat het, het Satan Eva gewikkel in 'n bespreking oor wat God gesê het. Satan neem altyd wat God gesê het, saai twyfel daaroor, voeg by, neem weg, verdraai en vertolk dit. Die gevolg was ongeloof wat gelei het tot ongehoorsaamheid en uiteindelik tot die sondeval. Satan het ook na ons Verlosser gekom met: "Daar staan ​​geskrywe ...". Dit is die eintlike versoeking. As die Woord van God nie in twyfel getrek word nie, is daar geen versoeking nie, geen verleiding nie en is geen oortreding moontlik nie. Maar die Here het vir hom gesê: "*Daar is óók geskrywe* ..." (Matt. 4: 1-11; Luk. 4: 1-13). Selfs met die teoloë kan die temas bybels wees, maar wat daaroor gesê word, kan die teenoorgestelde wees. As iemand 'n gedeelte uit die Bybel neem en dit in twyfel trek, dan is dit die vyand wat so ‘n persoon in die versoeking en, gevolglik, tot ‘n val bring. Ware kinders van God deursoek ook ander ooreenstemmende skrifte, om die onderwerp nog duideliker te belig.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/4427.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1079.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/4429.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/4428.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/4428)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/4428.md)
