---
type: BookChapter
work_id: '1088'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1821
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1821.md
language: za
position: 33
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5467
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5467.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5467.md
---

# Omsendbrief Desember 2016

## Die 500ste herdenking van die Reformasie

Die Evangeliese Kerk vier die 500ste herdenking van Luther se hervorming vanaf 31 Oktober, 2016 tot 31 Oktober, 2017. Hierdie Reformasieherdenking sal nie net in Duitsland wees nie, maar wêreldwyd. Selfs die Katolieke Kerk vier saam: die voorsitter van die Duitse Biskoppekonferensie, kardinaal Reinhard Marx, en Heinrich Bedford-Strohm, die voorsitter van die EKD-raad, was dit eens dat albei kerke die herdenking in 'n reeks geleenthede saam moet vier. Daardeur sou die 'eenheid in geloof' sigbaar gemaak word.

Op wêreldvlak is die vieringe vir die 500ste herdenking van die Reformasie in die Sweedse stede Lund en Malmö reeds begin – in die land waar die Lutherse Wêreldfederasie 70 jaar gelede gestig was. Die president van die Lutherse Wêreldfederasie, Biskop Munib Younan, en die hoof van die Katolieke kerk het met 10,000 deelnemers in die stadion van Malmö gevier. By die geleentheid van die gemeenskaplike ekumeniese gebed, het Pous Francis 'n kort toespraak in die Lutherse katedraal van Lund gehou, wat hy geopen het met die teks uit Johannes 15, vers 4: *“Bly in My, soos Ek in julle”.* In Lund het Pous Francis en Biskop Younan op 31 Oktober, 2016, ook 'n verklaring oor die sakrament onderteken. Die gesamentlike verklaring het ook met die woorde in Johannes 15, vers 4 begin: *“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie”.* Dit gaan oor die versoening en die genesing van die wonde wat hulle mekaar toegedien het, en die besef dat wat hulle verbind, groter is as wat hulle skei. Albei kante is daartoe verbind om die struikelblokke te verwyder en om in volle ekumeniese eenheid te kom. Die doel is die gesamentlike nagmaal. Deur saam te werk, sal hulle “die krag van die Drie-enige God” kry, staan ​​daar.

Die konkrete en volle eenheid sal deur die katolieke eucharis-viering met die evangeliese nagmaal uitdrukking vind. Hulle verskil egter fundamenteel daaroor, soos in die Heidelbergse Kategismus onder vraag 80 gesien kan word: ‘n gedenkmaal (1Kor. 11:25), teenoor ‘n hernude offer. 

Glo die protestantse woordvoerders hoegenaamd nie wat die hervormer geleer het nie? Het enige van hulle Luther se 1545 voorwoord van die profeet Daniel, gelees? Verstaan enigeen ​​van hulle die profetiese insig en vooruitsig van Luther van destyds?

In sy voorwoord het hy die vier opeenvolgende ryke van Daniël duidelik beskryf: die BabiIoniese Ryk, die Medo-Persiese Ryk, die Griekse Ryk en die Romeinse Ryk, wat in 63 vC begin het.

Alle godsdienstige publikasies, selfs die dagblaaie en weeklikse tydskrifte, handel oor die Reformasie. Is die uiteindelike doel nie eenwording van alle wêreldgodsdienste onder Rome, die sewe-heuwel-stad — die Vatikaan nie? Was die Verdrag van Rome dan nie op 25 Maart, 1957, in die Vatikaan onderteken nie? Is die gesogte nuwe wêreldorde nie reeds binne bereik nie? Dit moet alles gesê word omdat dit bybelse profesie in vervulling is. Ons het die eindtyd bereik en alles gebeur soos voorspel vir die eindtyd.

Die Verlosser het natuurlik nie in die hoëpriesterlike gebed vir die vereniging van twee kerke of alle gelowe gebid nie, maar vir die eenheid van die verlostes: *“Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie ... Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees …”* (Joh. 17: 14+23). Hy is die wingerdstok en al die waaragtig-weergebore gelowiges is die lote, waarin die goddelike lewe as die vrugte van die wingerdstok geopenbaar word. Die eenheid van die verlostes vind plaas onder Christus, die Hoof van die Gemeente, wat volgens Handelinge 2, 2000 jaar gelede gestig is op Pinksterdag in Jerusalem. Die staatskerk in die Romeinse Ryk is 325 nC by die Raad van Nicaea gestig. Die deurbraak tot 'n geestelike vernuwing was die Reformasie deur Luther, Melanchton, Zwingli, Calvyn en hul voorgangers Wycliff en Hus. In die daaropvolgende herlewings van die Metodiste en Baptiste, tot met die Pinksterherlewing in ons tyd, was die Gees van God ook in werking. Die bybelse gelowiges gaan nie na Rome óf na Nicaea nie, maar terug na Jerusalem. Dit gaan oor die terugkeer na God en Sy Woord. Met die laaste boodskap voor die Wederkoms van Christus, word die gelowiges teruggevoer na die vroeë Christendom. Ons het in die tyd van die uitroeping, herstelling en die voorbereiding aangekom, om 'n aandeel te hê in dit wat God nou doen, en verwag die Wederkoms van Christus.


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5466.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1821.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5468.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5467.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5467)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5467.md)
