---
type: BookChapter
work_id: '1088'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1821
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1821.md
language: za
position: 35
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5469
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5469.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5469.md
---

# Omsendbrief Desember 2016

## God is getrou in alles wat Hy doen

Broeder Branham se bediening was van heilsgeskiedlike betekenis vir die Gemeente van Jesus Christus. Hy was as die beloofde profeet (Mal. 4: 5-6), gestuur met die boodskap, soos onse Here bevestig het in Matthéüs 17, vers 11, en Markus 9, vers 12: *“Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers om alles te herstel”.* Elia se bediening was nie teorie nie, dit was ‘n werklikheid. Hy het die volk van God na die berg Karmel geroep, die afgebreekte altaar met die 12 klippe weer opgebou, en die offer daarop geplaas. Toe het hy gebid en God het sigbaar geantwoord en die harte van die kinders van Israel was teruggedraai na God (IKon. 18: 21-40).

Ek het die spesiale bediening wat God vir Broeder Branham geskenk het, persoonlik belewe as oog- en oorgetuie. Die lojale Here het Sy boodskapper geneem, maar die bybelse boodskap word steeds verkondig. Dit was nie my besluit dat die Here my opdrag gegee het om dit te doen nie. Ek was nie gevra of ek wil gaan nie.

Ek kyk vol dankbaarheid terug op 'n geseënde jaar in diens van Here. God is getrou. Hy het genade en krag geskenk, dat Sy Woord verkondig kon word en om dit oor die hele wêreld te dra. Ja, Hy het Sy sending bevestig, en almal wat glo, is verheug daaroor. Die Here het dit vooruitgespreek dat Hy ‘n hongerte sou stuur om Sy woorde te hoor (Amos 8:11). Hy self het my op 19 September, 1976, aangespreek: “**My kneg, ek het jou bestem volgens Matthéüs 24, verse 45-47, om die voedsel uit te deel”.**Hierdie Skrif word vervul voor ons oë, en die Here se tafel was nog nooit so ryk gedek soos in ons tyd nie.

Die woorde “**Soos Johannes die Doper die eerste koms van Christus vooruitgestuur was, word jy met 'n boodskap gestuur wat die Wederkoms van Christus vooruit sal gaan”,**wat Broeder Branham uit die bonatuurlike lig toegeroep was, word vervul. Die getroue Here het, deur die boodskap, alles herstel. Die leringe van die twaalf apostels — Handelinge 2, vers 42 — is weer nuut verkondig. Net soos die boodskap heeltemal in die Woord georden is, word al die ware gelowiges tot hul regte stand teruggebring — na dit, wat aan die begin in die Gemeente was. Binnekort sal die hemelse Bruidegom kom om Sy Bruid te kom haal.

Deur God se genade het ek getrou gebly aan die hemelse roeping, ten spyte van die kwaadwillige en bose lasteringe en moeilike beproewinge in my persoonlike lewe. Wat die Here in Jesaja 54, vers 17, gesê het van diegene wat Hy gestuur het, geld steeds vandag: *"Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here”.*

Ek hoef niks van wat ek in die meer as 8,000 preke geonderrig het, of wat ek in brosjures en omsendbriewe geskryf het, terug te trek nie. Die broeders wat saam met my die geestelike voedsel uitdeel, bedank ek hartlik. Wat 'n voorreg, om die laaste gedeelte, voor die Wederkoms van Christus bewustelik te ervaar! Die volle toewyding deur dag en nag, sal beloon word (Fil. 2:16).

My gebed is dat niemand hierdie kosbare tyd sal laat verbygaan nie, sonder om versoening met God en met mekaar te ervaar nie. Daar is nog steeds tyd van genade, almal kan nog steeds na God kom en hul lewens aan die Verlosser toewy. Die vergewing van sondes word nog steeds onder die sendingsopdrag verkondig. Mense word nog steeds gelowig en laat hulle bybels doop.

Mag die laaste tydsnit 'n jaar van toejuiging, ‘n jubeljaar onder al die ware gelowiges word (Lev. 25: 8-13).

 Dit is 51 jaar sedert hy heengegaan het. In hierdie tyd ek het die laaste boodskap deur persoonlike reise na 160 lande gedra. Deur middel van talle TV-programme en die uitsending van ons byeenkomste, op die internet, elke eerste naweek van elke maand, vanaf die Sending-sentrum in Krefeld, bereik ons duisende gelowiges op alle vastelande. Daar is ook meer as 8,200 DVD's en 1,150 CD's, wat elke maand uitgestuur word. Die gedrukte brosjures, omsendbriewe en preke, wat gedurende 'n jaar uitgestuur word, beloop in die honderde duisende.

Die volledige evangelie is aan alle mense verkondig tot ‘n getuienis. Daarmee is Matthéüs 24, vers 14, vervul. Nou kan en sal die einde kom, maar niemand sal die dag en uur weet nie.     Ek kan met groot dankbaarheid sê: “Getroue Here, nou laat u u dienskneg in vrede gaan, want my oë het die vervulling van die belofte vir hierdie tyd gesien”. Die Here self sal Sy werk met Sy Bruidgemeente voltooi, en haar as Bruidegom huistoe neem en voor Sy aangesig sonder vlek of rimpel stel (Efé. 5:27).

Slegs perfekte liefde, verbind met die waaragtige, lewendige geloof in elke Woord van God, sal die heerlikheid ingaan. Enige belofte van God is ja en amen en eindig vir al die uitverkorenes wie dit glo, in die vervulling daarvan (IIKor. 1: 18-22). *“Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van Sy kennis deur ons oral versprei”* (IIKor. 2:14).

Die seëninge van die Almagtige God kom oor almal wat God se Woord glo.

Aan almal wat my in gebed onthou aangaande hierdie wêreldwye sendingwerk, ek sê hartlik dankie. Mag die getroue God almal beloon wat dit ondersteun met hul gawes. Almal wat in die Sending-sentrum werk, bedank ek ook. Ja, almal wat die kosbare Woord in die baie lande versprei, mag God u seën. Laaste maar nie die minste nie, sê ek ook aan die broeders wat die gemeente in Krefeld bedien, baie dankie. God seën almal wat lief is vir Sy verskyning. Amen.

Vir die jaar 2017 wens ons u, maak nie saak in watter stad of watter land u woon nie, God se sigbare seëninge, vanuit die hart. Ons kyk saam op, want ons weet dat ons liggaamsverlossing naby is. Maranatha.

Gelewer in opdrag van God

Br. Frank


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5468.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1821.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5470.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5469.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5469)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5469.md)
