---
type: BookChapter
work_id: '1806'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1942
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1942.md
language: za
position: 46
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5914
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5914.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5914.md
---

# Omsendbrief Desember 2020

## 70 jaar is verby

In die Pinkstertyd van 1949, het ek my lewe met trane van bekering  tot die Here Jesus gewy en ontvang toe die doping van die Gees. 

Eerw. Branham spreek in dieHallen-Stadion in Zurich, Switserland

Sederdien kyk ek terug op 'n ryklik-geseënde geloofslewe in die Here. Sedert 1952 het ek die Woord van God deur die genade van God verkondig, in ‘n pinkster gemeente aanvanklik. In 1955 woon ek toe die byeenkomste van broeder Branham in Karlsruhe by. Van die eerste ontmoeting af het ek besef, dat hy 'n man van God was en 'n baie spesiale bediening het, wat verbonde was aan die plan van verlossing van God vir ons tyd.

**Die onderste foto wys een van die byeenkomste wat plaasgevind het vanaf 20 tot 26 Junie, 1955, in die Hallenstadion in Zürich. Die ander is een van Karlsruhe se vergaderings, waar broeder Branham vanaf 12 tot 19 Augustus, 1955, gepreek het. **

In 1958 het ons, deur God se leiding, begin om van broeder Branham se preke op band te vertaal. So het die eerste onafhanklike plaaslike gemeente ontstaan, later ook die sendingwerk. Op 2 April, 1962, het ek deur die hoorbare stem van die Here, my roeping ontvang. Broeder Branham het dit op 3 Desember, 1962, deur goddelike openbaring bevestig en my ook instruksies gegee wat daarmee verband hou.

In 1964 onderneem ek my eerste sendingreis na Indië en op die terugreis het ek Jerusalem besoek. Vanaf 1966 het ek met sendingreise na ons buurlande begin en daarna ook wêreldwyd. Deur die 20-minute preke op Radio Luxemburg, wat ek elke Sondag vanaf 1967 tot 1978 aangebied het, het ek baie mense in die Duits-sprekende lande bereik en kon ek hulle na byeenkomste in die verskillende stede uitnooi. Baie gelowiges was nog onder die indruk van die geseënde byeenkomste wat hulle gehou het met broeder Branham. Die sale in al die stede in Switserland, Oostenryk en Duitsland, was gevul. Daar was ryklik-geseënde jare in die koninkryk van God. 

**Die twee foto's uit 1976, een van Zurich, die ander van Heilbronn, wys dat God met die verkondiging, Sy seëninge op Sy Woord geskenk het.**  

In 1979 slaag die vyand toe daarin om, net soos met Eva in die Paradys, twyfel te saai met die vraag: “Het die Here regtig met hom gepraat?”. Die roeping is dus bevraagteken en dit het byna gelei tot die vernietiging van die plaaslike gemeente. Maar die Here God het die oorwinning van Golgota geopenbaar. Die uitverkorenes het nie die slagoffers van die verleiding geword nie en die bediening kon tot nou toe voortduur.

Vir 2020 was ek gelei om nie sendingsreise te beplan nie. Soos ons almal opgemerk het, sou dit met die Corona pandemie nie eens moontlik wees nie. Daarom kan ons ook tans nie internasionale vergaderings in die Sending-sentrum te Krefeld hou nie. Ons is God baie dankbaar dat ons, sedert 1974, derduisende gelowiges uit die hele wêreld hier in die kapel met die Woord van God kon bedien. wat die Here my beveel het, het waar geword: “Versamel My volk vir My, dat hulle My Woorde kan hoor”

Soos God vir die opstoring en verspreiding van die geestelike voedsel gesorg het, het Hy ook gesorg dat die finale boodskap van die oproep en die herstel via die internet gehoor kan word. As God wil, sal ek elke laaste Sondag van die maand, bekend as die ‘Zurich–Sondag',  nie meer om 14h00 nie, maar soos elke eerste Sondag in Krefeld, om 10h00 preek. Preke word regstreeks oor die internet uitgesaai en word vertaal in verskillende tale en kan ook wêreldwyd op die bekende kanale gehoor word. Verder saai ons ook preke vanuit die 1980's uit, elke Woensdag- en Saterdagaand om 19h30, asook elke Sondagoggend om 10h00 (Sentraal-Europese Tyd). Ook word dit in ander tale vertaal sodat gelowiges, selfs hele gemeentes wêreldwyd aanlyn kan volg. 

Waar moontlik, sal die dienende broeders aanhou om plaaslike vergaderings te hou. Waar die gelowiges ookal regoor die aarde in die naam van Jesus Christus versamel, is die Here teenwoordig in hulle midde (Matt. 18:20). Neem dit asseblief ter harte en glo dit. Die tyd het nou aangebreek dat die ware gelowiges, waar hulle ookal op die aarde woon, verenig in gebed, sodat die Here God perfeksie in die verlostes en die voorbereiding van die Bruidgemeente kan bewerkstellig. 

Almal wat nou die geopenbaarde Woord glo, behoort tot die wyse maagde en ervaar die finale voorbereiding as die Bruidgemeente, want so staan ​​daar geskrywe: *“… En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit ...”* (Matt. 25:10b). Daartoe behoort ook die volgende: *“... en sy vrou het haar gereed gemaak ...”.* (Openb. 19:7). Sy het volkome verlossing deur die bloed van die Lam (Matt. 26:28), volkome heiligmaking deur God se Woord (Joh. 17:17) en word opgewek met die Heilige Gees, die dag van die verlossing van hul liggaam en word verseël volgens die Woord in Efésiërs 1, vers 13: *“in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het verseël is met die Heilige Gees van die belofte”.*

Ek kyk terug op die baie jare en is dankbaar dat die Here aanhoudend met my gepraat het en instruksies gegee het. Die Here het groot dinge gedoen vir miljoene mense en het hulle weer tot die ware geloof gebring. Soos Simeon in daardie tyd (Luk. 2:29), kan ek met 'n skoon gewete sê: “Here, laat u dienskneg nou in vrede gaan, want my oë het gesien dat alle volke oor die hele aarde die oorspronklike boodskap, wat die tweede koms van Christus voorafgaan, gehoor het”. 

Vir die komende jaar verwag ons 'n ware jubeljaar, wat onse Here in Lukas 4 uitgeroep het, waarin almal hul godgegewe besittings herwin: *“(En julle moet) 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan”* (Lev. 25:10b).

*“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik”* (Rom. 8: 28-30). 

Onthou my en alle dienende broeders in u gebede.

Handelend in opdrag van God.

Br. Frank


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5913.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1942.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5914.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5914)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5914.md)
