---
type: BookChapter
work_id: '349'
book_url: https://nasa.misia.sk/books/1956
book_markdown_url: https://nasa.misia.sk/books/1956.md
language: za
position: 5
canonical_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5932
markdown_url: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5932.md
markdown_source: converted
translations:
  za: https://nasa.misia.sk/book_chapters/5932.md
---

# OMSENDBRIEF DESEMBER 1973

## Huis van aanbidding

Onthou die woord: *“Werk totdat Ek kom!”.* Die Here op my hart gelê om ’n huis van aanbidding in Krefeld te bou. Vir jare het ons 'n gehuurde saal met sitplek vir 'n paar honderd mense gebruik, maar ons was daar in alle opsigte ingeperk, sodat ons besluit het om 'n groter saal te bou. Ons verwag, dat baie nog sal kom en die Here nog groot dinge onder Sy volk sal doen. Daar sal ons die byeenkomste ongehinderd en in vryheid van gees kan hê. Die saal is nie geleë in 'n woongebied nie, sodat ons nie gesteur sal word nie. Ons sal ook alle voertuie voor die aanbiddingsplek kan parkeer, in ons eie parkeerterrein.

Al hoe meer mense word deur die radio-uitsendings aangespreek, aangaande die werk van God in hierdie tyd. In geloof wag ons op die dag wanneer die Here Sy krag en heerlikheid soos in die dae van die apostels, bekend sal maak. Gegrond op die onfeilbare Woord van God, hou ons vas aan die beloftes wat die Here aan Sy eie gemaak het. Ons glo, dat Jesus Christus gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is. Hy red, Hy genees en bevry. Niks is by Hom onmoontlik nie. Vir hulle wie glo, is enigiets moontlik. Die Here sal groot eer aan Sy Naam bring, Sy Woord as waar bevestig en hulle wie aan Hom behoort, oorvloedig seën.

Ons hoop om in die toekoms nog vele meer te kan verwelkom by Krefeld. Almal wat hier was al, het groot seëninge ontvang en kom telkens weer.

As God wil en daar is niks wat voorval nie, behoort die saal in Maart gereed te wees, sodat die inwyding op die eerste naweek in April kan wees. Ons sal dit deur die volgende omsendbrief aankondig.

Die getroue God seën almal wat met ons verbind is en help met die projek. Hy sal elkeen beloon volgens die rykdom van Sy genade. 


## Chapter navigation

- [Previous chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5931.md)
- [Book contents](https://nasa.misia.sk/books/1956.md)
- [Next chapter](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5933.md)

## Available translations

- [Afrikaans](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5932.md)

## Source

- [Canonical HTML page](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5932)
- [Markdown representation](https://nasa.misia.sk/book_chapters/5932.md)
